OPSA Nuusbrief 10–2026

Onderwerp: Belangrike verandering: "OPSA Support Ticket-stelsel"

Geagte OPSA-ouers/voogde/tutors,

Sedert die begin van die jaar is OPSA oorlaai met aansoeke en ondersteuningsnavrae. Ons aantal leerders het met ongeveer 250% gegroei, en ons ontvang steeds elke dag nuwe aansoeke.

Hierdie groei is ’n groot seën, maar dit beteken ook dat ons huidige ondersteuningstelsel nie meer kan voorbly met die volume navrae en die diens wat ons lede verdien nie. Op die oomblik het ons meer as:

  • 800 onbeantwoorde e-posse
  • 32 onbeantwoorde WhatsApps
  • 417 web-navrae

Omdat OPSA se fokus opvoeding is, kry opvoedkundige werk en inhoudontwikkeling altyd prioriteit. Ongelukkig beteken dit dat meer komplekse navrae (wat dikwels navorsing en opvolg vereis) maklik agter raak - tot frustrasie van almal, insluitend ons span.

Gesegde: “Jy kan nie ’n ander uitkoms verwag as jy dieselfde proses bly volg nie.”

Nuwe proses: OPSA "Support Ticket-stelsel"

Om ons diens te verbeter en navrae beter te organiseer, het ons die naweek ’n nuwe proses bekendgestel: die OPSA Support Ticket-stelsel.

Voortaan, indien u enige vraag of probleem het, maak asseblief ’n support ticket oop by:

https://opsa-education.com/support

Wat gebeur wanneer u ’n ticket oopmaak:

  • Die stelsel stuur u versoek na die regte persoon/span.
  • U ontvang ’n unieke verwysingsnommer (ticket number).
  • Daardie nommer bly aktief totdat die saak volledig opgelos is.
  • Gebruik asseblief die ticket nommer vir enige opvolgkommunikasie.

Hoekom hierdie stelsel beter werk

Met die ticket-stelsel is alles op een plek:

  • Geen meer aksielyste, los notas, of navrae wat tussen e-posse verdwyn nie.
  • Ons voorkom dat dieselfde versoek by verskillende e-posadresse ingedien word (wat die oplostyd kan verdriedubbel).
  • Elke ticket volg een duidelike proses en word toegewys aan die regte persoon wat eienaarskap neem.

Reaksietyd

Ons verstaan dat daar aanvanklik baie tickets kan inkom, maar ons doel is om binne 24 uur te reageer. ’n Ticket word eers gesluit wanneer ons tevrede is dat dit volledig opgelos en opgevolg is.

Dankie vir u begrip

Ons waardeer u geduld terwyl ons die ondersteuningstelsel verbeter. Ons het almal net een doel: om die beste te doen vir ons kinders se opvoeding.

Vriendelike groete,
OPSA Ondersteuningspan