Week 8 van Kwartaal 2—die assessering word vanaf vandag oopgemaak. Laai die assesseringsprogram en hersieningsgidse af per graad en per vak.

Geagte OPSA-ouers/voogde/tutors,

Dit is nou Week 8 van Kwartaal 2, en ons begin om vanaf vandag die assessering vir die einde van Kwartaal 2 oop te maak.

1) Wanneer kan ek met die assessering begin?

Volgens die voorgestelde skedule is die assesseringsvenster eers 11 Junie 2026 tot 26 Junie 2026. U is egter welkom om te begin wanneer u gereed is—met ander woorde, sodra u die werk vir Kwartaal 2 klaar behandel het.

2) Assesseringsprogram en hersieningsgids (per graad en per vak)

Soos deur baie ouers versoek, het ons ’n assesseringsprogram en hersieningsgids saamgestel per graad en per vak. U kan dit besigtig en aflaai by:

Gaan dit gerus deur en maak seker u het al die werk gedek voordat u met die assessering begin.

3) Assessering: Reeks A (uitrol en registrasie)

Die assessering (Reeks A) word oor die volgende paar dae gelaai en leerders sal intussen geregistreer word. Weens die groot aantal leerders kan dit ’n paar dae neem. Ons sal u laat weet wanneer ons klaar is.

Ons beoog om teen Vrydag 29 Mei 2026 finaal klaar te wees.

4) As u vroeër wil begin (Reeks 0)

Indien u dit winniger wil doen, kan ons vir u toegang gee tot die bestaande assesseringsprogram (Reeks 0). Kontak ons gerus per WhatsApp tussen 08:00 en 14:00 (Maandag tot Donderdag):

WhatsApp: +64 274 644 903

5) Finansies en state (belangrike nota)

Finansies is besig om alle betalings te rekonsolideer en tickets op te volg. Die maand is op 24 Mei 2026 afgesluit. Alle betalings ná 24 Mei sal eers op die volgende maand se staat (Junie 2026) reflekteer.

Vriendelike groete,
OPSA Ondersteuningspan