Geagte OPSA-lede,

Ons wil julle op hoogte bring van 'n belangrike ontwikkeling rakende die BELA-wet.

Volgens die jongste kommunikasie van die Pestalozzi Trust is die BELA-wet nog nie in werking nie, wat beteken dat die 30-dae registrasietydperk nog nie begin het nie. Daar is dus geen sperdatum vir indiening op 16 Oktober 2024.

Ons sal julle verder inlig sodra ons meer inligting ontvang, maar vir nou lyk dit asof daar geen onmiddellike druk is om jul tuisonderwys-aansoek môre in te dien nie.

Verduideliking oor Aansoektydsberekening

Daar is verwarring oor die aansoekproses, aangesien sommige bronne aandui dat aansoeke vir 2024 reeds gesluit is, wat vir ons vreemd is. Tuisonderwys funksioneer nie soos tradisionele skole met vaste begin-datums aan die begin van 'n kalenderjaar nie. Volgens die BELA-wet het ouers 30 dae vanaf die inwerkingtredingsdatum om aansoek te doen.

Dit laat ons wonder: Watter graad moet ouers aansoek doen as die wet in die middel van die jaar begin? Daar is steeds onsekerheid oor hoe die Departement van Basiese Onderwys hierdie proses gaan implementeer.

Aanbevole Stappe

Al is daar tans geen wetlike druk om te registreer nie, stel ons voor dat ouers hul aansoeke en ondersteunende dokumente gereed kry. Dit sal verseker dat die indiening vlot verloop wanneer die wet in werking tree.

As jy reeds jou aansoek ingedien het, kan dit wys wees om die aansoek weer in te dien sodra die wet amptelik in werking tree om te verseker dat jy voldoen aan alle vereistes.

Ons glo dat dit net 'n kwessie van tyd is voordat die wet afgekondig word in die Staatskoerant. Dit kan enige oomblik gebeur. Wanneer dit gebeur, sal ouers binne die 30-dae tydperk moet optree om hul plek in die stelsel te verseker. Hierdie ekstra tyd—of dit nou 'n paar dae of weke is—gee ons almal kans om deeglik voor te berei.

Hulp met Aansoekvorms

As jy jou vorm vir die DBE moet voltooi en ons dit moet nagaan, gebruik asseblief die OPSA se maklike aanlyn aansoek by:
https://form.jotform.com/242602912163045

Die vrae in die vorm sal jou stap-vir-stap deur die proses lei. Let asseblief daarop dat dit nie ‘n amptelike aansoek by die DBE is nie, maar 'n gratis diens wat ons aanbied om tuisonderwys-ouers te help om die vorms korrek in te vul. Nadat jy dit voltooi het, sal ons dit nagaan en per e-pos terugstuur vir indiening by die DBE.

Julle is nie alleen op hierdie tuisonderwysreis nie—ons is hier om julle te ondersteun, in die beste belang van elke kind.

Vriendelike groete,

Dreyer Lötter
MD: Online Parent Support Association (OPSA)