Goeie dag Graad R-ouers,
Dit het onder ons aandag gekom dat die Graad R-program nie volledig van 2025 na 2026 oorgedra het nie. Om verdere verwarring te voorkom en om te verseker dat die program korrek en volledig is, het ons die Graad R-program tydelik gesluit terwyl ons die stelselprobleem regstel.
Ons verwag om die program weer aanlyn te hê teen Vrydag, 23 Januarie 2026.
Indien u vir die twee weke gratis proefperiode ingeskryf het, sal ons u proefperiode weer herstel na ’n volle twee weke sodra die Graad R-program weer aanlyn is.
Let asseblief daarop:
Geen ouer sal gehef word vir die tydperk waartydens die Graad R-program vanlyn was nie.
Ons vra omverskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak en dank u vir u geduld terwyl ons die probleem oplos.
Vriendelike groete,
OPSA Ondersteuningspan
Online Parent Support Association (OPSA)